Diagenese

Diagenese is ʼn samevattende term vir die veranderings wat in sedimente plaasvind nadat dit afgeset is. Die veranderings word veral veroorsaak deur druk (die gevolg van die gewig van die boliggende lae), temperatuurstyging, faktore soos die suurheidsgraad en suurstoftoevoer, en grondwatersirkulasie, waardeur ione vervoer word. Die gevolg van hierdie prosesse is onder meer dat die sedimentmateriaal van kan word (litifiseer) of soms ook (geleidelik) kan oplos, en dat nuwe minerale gevorm kan word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search